Welkom

Vertroue

Los met ‘n geruste hart jou vakansiehuis agter tot ‘n volgende keer en maak gebruik van ons spesiale dienste.

Persoonlik

Kies een of ‘n kombinasie van ons pakette en los die res oor aan ons.

Kommunikasie

Professionele diens met gereelde terugvoering oor hoe dit gaan met jou huisie by die see.

Wat maak ons uniek?

Aangepaste pakkette

Ons verskaf professionele dienste wat persoonlik aangepas word tot jou begroting en behoeftes.

Spesiale versoeke

Bestuur en ruil van vakansie gaste wat insluit inklok en uitklok, skoonmaakdienste, voorsien van blomme en sjokelade, ens. Dienste verlang en persoonlike pakette kan met my bespreek word.

Spesialiseerde dienste

Ons het goeie verhoudings met lokale nutsmanne, elektriese- en waterwerkdienste.

ONS DIENSTE

Basiese Dienste

  • Aan en afsit van alarm
  • Rapporteer water- of kragprobleme
  • Spoel van Toilette
  • Natmaak van binnenshuise plante
  • Rapporteer foutiewe deure, vensters en heinings
  • Verwyder pos en koerante by voordeur
  • Rapporteer algemene probleme

bestuur van self-sorg eenhede

  • Skoonmaakdienste
  • Vensterwasdienste
  • Inklok en uitklok van gaste
  • Ruil en was van linne

Nutsman dienste

  • Skoonmaakdienste
  • Vensterwasdienste
  • Matwasdienste
  • Algemene Hersteldienste
  • Elektriese- of Waterwerkdienste
  • Tuinmaakdienste

Welkom Tuis dienste

  • Aankoop van basiese items
  • Voorsien Blomme
  • Skoonmaakdienste

WAT ONS KLIëNTE Sê

Ek gebruik al ‘n geruime tyd Jean-Mari Bergh se Hartenhuis besigheid om my strandhuis in Hartenbos te bedryf. Dit is ‘n self-sorgeenheid wat baie gewild is en ek maak geheel en al staat op Jean-Mari se diens.

Sy is ‘n aangename, opregte en noukeurige persoon wat met ‘n spannetjie werkers nog altyd vir my net die beste diens gegee het. Gaste vertel deurentyd vir my hoe bekwaam hulle is.

Niks is ooit te veel moeite vir Jean-Mari nie. Ek woon baie ver en los met ‘n geruste hart my huis in haar bekwame hande.

Ek beveel haar dienste vir almal aan.
Linza Louw
Jean -Marie Bergh is bekend aan my sedert Januarie 2019.

Eienskappe wat uitstaan is die gemak waarmee sy enige verhuring hanteer vanaf die navrae, betaling van depositos , die versorging van die eenheid en gereedmaak daarvan, tot by die vertrek van gaste en die skoonmaak daarna. Alle gaste word sorgvuldig nagegaan om seker te maak dat die nodige voorsorg getref word t.o.v. betalings en skades.

Uitstaande van haar is die hantering van enige krisis bv ‘n TV wat nie werk nie of konneksie tot DSTV en wifi wat dit ookal mag wees. Haar voorbereidings is baie deeglik en sy maak seker dat alles getoets en in plek is vooraf. Sy antwoord altyd die foon en sal in alle omstandighede ‘n oproep maak sodra sy ‘n boodskap ontvang van ‘n kliënt.

Haar dienste strek veel verder as die gewone hantering van ‘n eiendom t.o.v. verhuring. Enige onderhoudswerk (of dringende oopsluit van ‘n perseel in geval van diefstal ens) word met knap verskaffers gedoen wat waardevolle bydraes lewer tot die instandhouding en probleme wat enige eiendom het.

Dit is met die grootste vrymoedigheid dat ek haar aanbeveel as iemand wat haar werk geniet en ten alle tye poog om die beste pryse en besprekings , volgens die eienaar se voorkeur , te bekom.

In hierdie tye is dit ‘n groot voorreg om you eiendom met gemoedsrus aan haar toe te vertrou en te weet dat haar doel is om altyd beide die eienaar en die huurder se belange te beskerm.

Met haar man Joos se ondersteuning is hulle nie net ons diensverskaffers nie maar ook vriende.
Antoinette Spies

Kontak ons

Los met ‘n geruste hart jou vakansiehuis agter tot ‘n volgende keer en maak gebruik van ons spesiale dienste. Kies een of ‘n kombinasie van die dienste en los die res oor aan ons.

Professionele diens met gereelde terugvoering oor hoe dit gaan met jou huisie by die see.

Elke huis is uniek. Kontak my gerus om ‘n persoonlike pakket vir jou vakansiehuis te bespreek!

Hartenbos, Mosselbaai
071 049 2991